| [00:00.000] |
作曲 : Traditional Music |
| [00:01.638] |
En hoor jy die magtige dreuning? |
| [00:04.621] |
Oor die veld kom dit wyd gesweef: |
| [00:08.206] |
die lied van 'n volk se ontwaking |
| [00:11.883] |
wat harte laat sidder en beef. |
| [00:15.458] |
Van Kaapland tot bo in die Noorde |
| [00:18.985] |
rys dawerend luid die akkoorde: |
| [00:23.487] |
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika, |
| [00:29.260] |
dit is die lied van Jong Suid-Afrika, |
| [00:33.859] |
dit is die lied van Jong Suid-Afrika. |
| [00:40.723] |
Die klop van ons ossewawiele |
| [00:44.401] |
het die eeue se rus verstoor; |
| [00:48.068] |
die klank van ons voorlaaierskote |
| [00:51.726] |
het klowe en kranse gehoor. |
| [00:55.204] |
Die diere het stil staan en luister, |
| [00:59.003] |
die bome het bewend gefluister: |
| [01:03.498] |
Dit is die koms van Jong Suid-Afrika, |
| [01:08.966] |
dit is die koms van Jong Suid-Afrika, |
| [01:13.429] |
dit is die koms van Jong Suid-Afrika. |
| [01:20.232] |
Waar glorie van songloed die berge |
| [01:23.879] |
oor hul fronsende voorhoof streel, |
| [01:27.540] |
waar winde oor golwende vlaktes |
| [01:31.039] |
met grassaad kerjakker en speel, |
| [01:34.828] |
die land wat ons vaders gekoop het, |
| [01:38.555] |
met bloed tot ons eie gedoop het: |
| [01:43.013] |
Dit is die land van Jong Suid-Afrika, |
| [01:48.818] |
dit is die land van Jong Suid-Afrika, |
| [01:53.244] |
dit is die land van Jong Suid-Afrika. |
| [02:00.192] |
Die golwende veld is ons woning |
| [02:03.879] |
en ons dak is die hemelblou; |
| [02:07.432] |
die vryheid alleen is ons koning, |
| [02:11.029] |
sy wagwoord is handhaaf en bou. |
| [02:14.602] |
Die stryd wat ons vaders begin het |
| [02:18.410] |
sal woed tot ons sterf of oorwin het. |
| [02:22.908] |
Dit is die eed van Jong Suid-Afrika, |
| [02:28.513] |
dit is die eed van Jong Suid-Afrika, |
| [02:33.332] |
dit is die eed van Jong Suid-Afrika. |